Die week op Landbouweekliks | ‘Bokboerdery is die oplossing’

Albie Horn boer met Blackberry-bokke, Kalahari Reds, Boerbokke, Dorpers en Wit Dorpers op die familieplaas Hartebeeshoek naby De Aar in die Noord-Kaap. Sy pa, Awie, en oupas, At Horn en Albertus van Niekerk, het almal met bokke geboer en Albie verwag dat bokvleis nog baie gewilder gaan word. Een van sy jaar oue Kalahari Red-bokramme is verlede jaar teen R160 000 verkoop op ’n veiling op Lichtenburg in Noordwes. Dit was nie net ’n Suid-Afrikaanse rekord nie, maar ook ’n wêreldrekord. Vraag en aanbod bepaal die prys.