Die week op Landbouweekliks | Deeglike data dui rigting aan

Claude Cloete en sy een seun, Greg, boer op die plaas Felix, diep in die Drakensberge naby Dordrecht in die Oos-Kaap. Hulle boer met Merino’s, Angusse, lusern en mielies. Claude sê hy het die natuur in beheer geplaas van seleksie in sy Merino-kudde. Sy teelbeleid is op vrugbaarheid gerig en gevolglik kon hy mettertyd sy wol- en vleisproduksie en winsgewendheid verhoog. Hulle teel diere wat vir die omgewing en die toestande op die plaas aangepas is. Claude boekstaaf getrou sy produksiedata en neem daarvolgens besluite oor sy kudde se vordering.

Landbouweekliks word Dinsdae om 19h30 op Via TV uitgesaai.