Die week op Landbouweekliks | Dié beginsels geld vir sukses

Boeta Wessels se Weska-stoetery is die derde keer die wenner van die Dohne-Merino-telersgenootskap se gesogste eerbewys, Bobaasteler van die Jaar. Boeta en sy vrou, Cecilia, boer op die plaas Karsrivier naby Bredasdorp met skape, beeste en gewasse. Die boerdery bestaan uit 700 stoetooie en 2 500 kommersiële ooie. Boeta is ’n man wat graag bergfiets ry en sy skaaphonde leer om raak te vat. Boeta se skaapboerdery berus op drie beginsels, naamlik vrugbaarheid, bouvorm en wol. In 2019 is vyf ramme uit sy stoetery teen gemiddeld R106 000 verkoop.