Die week op Landbouweekliks | Dié boer koester die grond

Aan die hange van Klein-Drakenstein lê Avondale, waar Jonathan Grieve biodinamiese wyn produseer. Gesonde uitvoer het covid-19 se impak versag, maar planne is beraam om probleme te oorkom. Jonathan het die proses begin om die grond tot ’n volhoubare en gebalanseerde ekostelsel te omskep om te verseker Avondale kan toekomstige geslagte onderhou. Avondale maak vandag buitengewone wyn wat die goedkeuring van Moeder Natuur wegdra. Meer as 80% van wynverkope vind hoofsaaklik in Europa plaas.