Die week op Landbouweekliks | ‘Doyenne’ teel top-Dormers

Op 77 stuit niks Erika Hanekom nie. Sy boer al amper 60 jaar lank. Sy is ’n voormalige SA Stamboek Kleinvee-stoetteler van die Jaar en boer saam met haar seun, Alwyn, naby Malmesbury op die plaas Rhenosterbosrug met Dormers, Holsteins, gesaaides en wingerd. Hanekom word deur baie as die “doyenne van die Dormers” genoem. Die melkkoeie het die afgelope paar jaar meer as verdubbel. Gewasse word verbou vir voerdoeleindes, waaronder weiding, kuilvoer en hooi. Erika vertrou op toegewyde teling, streng seleksie en die noukeurige byhou van inligting.