Die week op Landbouweekliks | Funksionele teling wérk

Andrew Masterson is ’n meester van diversifikasie. Deur die basiese dinge reg te doen – en ’n funksionele bees te teel – is daar min mense wat hom kan nadoen. Danksy sy vrou, Colette, se boekhou-agtergrond kan sy duidelik sien hoe verandering in die bedryf die winsgewendheid van die boerdery raak. Die Milagro-boerdery naby Oesterbaai in die Oos-Kaap se hoofvertakking is ’n melkery, ’n Angus- en Simmentalerstoetery, ’n kommersiële kudde wat uit kruisings van die twee rasse bestaan, asook ’n wolskaapkudde en slaghuis. Niks word op die plaas vermors nie.