Die week op Landbouweekliks | Hekwagters van élke hulpbron

Ontgin alle potensiaal volhoubaar en benut elke element optimaal – van mikroklimate en grondsoorte tot water en personeel. Dít is die visie van die Eksteen-familie van Bufland-boerdery naby Mookgophong in Limpopo. Hier woeker hulle onder meer met saadmielies, sitrus, steenvrugte, wild en beeste. Die Eksteens was ook die eerstes wat sitrus in die Waterberge aangeplant het. Hul eie komposaanleg is die hoeksteen van hul biologiese praktyke. Die veeboerdery spog met ’n Bonsmarastoetery en kommersiële kudde, asook ’n klein voerkraal.