Die week op Landbouweekliks | Holistiese beginsels geld op Zoetvlei

Jennifer Speedy boer die afgelope 27 jaar op Zoetvlei naby Vryburg in Noordwes en volg in die voetspore van haar pa, Sandy Speedy, een van die pioniers van holistiese beweidingsmetodes in SA. Die Speedys boer sowat 50 km wes van Vryburg met 2 600 Nguni’s. Sandy het die weidingspesialis Allan Savory ontmoet en besef die holistiese beginsel sal op sy plaas werk. Die idee is om die weidingspatrone wat in Afrika geheers het voor die vrye beweging van diere ingeperk is, na te doen. Sedert Jennifer begin boer het, pas sy en haar pa drukbeweiding in alle erns toe.