Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Franco Koch
Franco Koch bedryf die uitgebreide Eenboom-boerdery in die Swartland naby Moorreesburg saam met sy pa. Hy het die varkvertakking tot “vyfster-hotel” vir die diere opgeknap, maar sy liefde lê dalk eerder by sy Santa Gertrudis-beeste.
Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!