Hannes Bruwer

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Hannes Bruwer

Ons kuier naby Hopetown by die bekende Genade-boerdery. Hannes Bruwer is die Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar vir 2024 en verantwoordelik vir die logistiek, insetaankope en kunsmisprogramme by dié familiebesproeiingsboerdery.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!