Die week op Landbouweekliks | Landbouweekliks: Boerdery is in sy bloed

Dr. Obakeng Mfikwe het sy doktersjas opgehang en besit en bestuur ’n uitgebreide boerdery in Lichtenburg en Magaliesburg. Hy het bekendheid verwerf vir puik diere in sy Simbra- en Simmertalerstoetery. Hy sê hoewel dit belangrik vir die regering is om soveel moontlik steun aan klein- en bestaansboere te gee, is dit ook nodig om na groot, kommersiële boere om te sien om genoeg werk te skep. Hy sê dít is die ondernemings wat 100 tot 400 mense op ’n slag in diens kan neem.