Die week op Landbouweekliks | Lofdal Fourie-boerdery: ‘Mense is ons hoofvertakking’

Landbouweekliks besoek die Lofdal Fourie-boerdery buite Groblershoop in die Noord-Kaap. Johannes Fourie en sy vrou, Marietjie, boer saam met hul een seun en dogter en hul onderskeie eggenotes met rosyntjies, pekanneute, wyndruiwe en vee op aangeplante weiding. Nog ’n seun en skoondogter behartig die verwerking van hul eie pekanneute en dié van omliggende plase by hul fabriek, Yon International. Die neute word hoofsaaklik na China uitgevoer. Die boerdery het sowat 80 mense in diens en verskaf ook werk aan sowat 250 seisoenswerkers.