Die week op Landbouweekliks | Lungelo Mathenjwa se missie is om boere te help

Lungelo Mathenjwa was ’n leerder aan die Landbouskool Vryheid in KwaZulu-Natal en hy wou nog altyd graag boer. Ná skool het hy opleiding ontvang by die Future Farmers-stigting en onder meer op ’n plaas van 700 000 ha in Australië gewerk. Hy was ook ’n plaasbestuurder by Glen Read Farms, ’n onderneming met 12 plase in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, waar hy verantwoordelik was vir meer as 9 300 stuks vee. As direkteur van Zondle Asset Management, sy eie maatskappy, tree Lungelo deesdae as raadgewer vir opkomende boere op.