Die week op Landbouweekliks | Mariana is nie net ‘n topboer nie maar ook mentor

Mariana le Roux woon naby Brits en boer op drie plase in twee provinsies. Ná haar man se dood het sy self ingespring en binne vyf jaar ’n studiegroep begin. Sy tree op as mentor vir ontluikende boere en voer sitrus uit. Sy wil binnekort blomme kommersieel begin kweek. Daar is ook gasteverblyf en ’n bloemistediens. Om te boer is vir haar “ verskriklik lekker” en sy het ’n diepe liefde vir die aarde. Mariana was in 2018 die destydse departement van landbou, bosbou en visserye se wenner in die uitvoerkategorie in die toekennings aan vrouelandbou-entrepreneurs.

Dinsdag om 17:30 Dinsdag om 17:30 op @viatv