Die week op Landbouweekliks | Nguni plaas familie op wenpad

Die Biggs-familie, pa Lionel en seuns Clive en Brian, bedryf een van die oudste geregistreerde Ngunistoeterye in Suid-Afrika, Nandi Nguni’s, in die bergagtige omgewing naby Cedarville op die grens tussen KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die winters is intens koud en temperature van tot -17 °C is al hier aangeteken. Dié toestande pas ’n geharde beesras soos die Nguni soos ’n handskoen. Die boerdery het ook ’n kudde Nguni-bokke en Meatmaster-skape. Een van die familie se Nguni-bulle, Biggs, is teen ’n wêreldrekordprys van R310 000 verkoop.

 

Nguni plaas familie op wenpad – YouTube