Die week op Landbouweekliks | ‘Om te boer, daag jou altyd uit’

William Rorich boer met Simmentaler-tipe beeste, Dohne-Merino-skape en mielies in die omgewing van Underberg en die Swartberg in KwaZulu-Natal. William sê tegnologie is hier om te bly. Dus het hy in 2012 ’n aanlyn veilingsplatform, GoLivestock, gestig. Alle kopers kan gelyktydig bie, die proses is deursigtig en boere kry ’n geleentheid om hul diere onafhanklik te bemark. Naas ’n foto of video is omvattende inligting oor die diere beskikbaar, soos die gewig, geslag, ouderdom, doserings wat die diere al gekry het en besonderhede oor siektes.