Die week op Landbouweekliks | Onvermoë in Suid-Afrika skep geleenthede

Die Zimeyer-boerdery naby Lindley in die Vrystaat is ’n vennootskap tussen Pieter Meyer en sy pa, Thys. Hulle boer met vee, gesaaides en bloubessies, en daar is ’n toetsstasie waar hul en ander boere se diere se prestasie gemeet word. Pieter en sy gesin het hulle in 2016 op Lovedale gevestig. Hy en sy vrou, Darelize, het ’n “span kinders”, skerts Pieter – vier van hul eie en ’n vyfde in hul pleegsorg. Hy is optimisties oor die toekoms. Die onvermoë in Suid-Afrika skep geleenthede – en jy moet dié kombinasie met grasie hanteer, sê Pieter.

Kyk Landbouweekliks Dinsdag om 17:30 op Via TV.