Die week op Landbouweekliks | Skimmelkrans is ’n model vir ander melkboerderye

Daar word sedert 1921 melk op die Skimmelkrans-boerdery naby George geproduseer. Die afgelope 60 jaar lank verskaf George Kuyler en sy familie ononderbroke melk aan Nestlé. Danksy moderne tegnologie – en weldeurdagte boerderybesluite – is Skimmelkrans vandag ’n model vir ander melkboerderye. George, die vierdegeslagboer op die plaas, is ’n voormalige voorsitter van Melk SA. Hy het onlangs avokado- en makadamiabome geplant en is in die proses om die melkery af te skaal. Skimmelkrans se kudde bestaan uit 1 050 koeie wat sowat 24 000 liter per dag lewer.