Die week op Landbouweekliks: ‘Slim’ verbruik lei tot sukses

Digby Somerset-Oos in die Oos-Kaap word onder meer nuwe sitrusblokke gevestig deur Louis Wilken en sy jongste seun, Jaco. Dié besproeiingsboere ken van slim watergebruik uit die Oranje-Visrivierskema en puik grondbewaringspraktyke. Hulle verbou sitrus, kiwivrugte, koring, mielies, pampoene en aartappels, en het ’n Bonsmara-kudde. Louis se boerderyloopbaan het klein begin nadat hy naby Douglas as polisieman op ’n kleinhoewe begin het om groentesaad vir Starke Ayres te produseer. Hy word bestempel as ’n besproeiingspionier en saam met sy gesin is hulle ’n wenspan.