Die week op Landbouweekliks | Snyblomme is Adene se passie

Adene Nieuwoudt, ’n voormalige mode-aankoper en troufotograaf, het binne ses jaar Adene’s Farm Flowers, ’n florerende boerdery met buitengewone loof- en snyblomme, buite Wolseley opgebou. Daar verbou sy en haar man, Andrew, meer as 200 verskillende kultivars. Dit het begin toe ’n vriendin van Nederland pakkies blomsaad (wat nie geredelik in Suid-Afrika gekry kan word nie) vir Adene gebring het. Die blomme het blitsvinnig uitverkoop. Die inperkingstyd het ’n hupstoot vir hul knol- en saadverkope verskaf en hoewel hulle baie swaar gekry het, floreer die besigheid tans.