Die week op Landbouweekliks | Span werk saam vir wins

Myles van Deventer is die besturende direkteur van die Baynesfield-landgoed by Pietermaritzburg. Dit is ’n uitgebreide onderneming wat ’n varkboerdery, avokadoboorde, mielie- en sojalande, beeskudde en houtvertakking insluit. Hy lei ’n merkwaardige span wat die boerdery winsgewend maak – en hou – en terselfdertyd hervorm. Die landgoed het erkenning gekry vir sy werk in die bewaring van bedreigde graslandspesies, terwyl die Wêreldnatuurlewefonds (WWF) die maatskappy vir sy bewaringswerk erken het.