Die week op Landbouweekliks | Stoetteler spog met puik kudde

Daan Viljoen van die JG Viljoen en Seuns-boerdery naby Clarens in die Oos-Vrystaat spog met die Gelibar Bonsmara-kudde wat aangewys is as Vleissentraal en SA Stamboek se nasionale Elitekudde (vleisbeeste) van die Jaar. Daan, sy broer, Dirk, en hul seuns, JG en Jean, boer met verskeie vertakkings en dit sluit koring, mielies, aartappels, sojabone en suikerbone in. Die kommersiële kudde bestaan uit sowat 1 500 koeie, terwyl die stoetery uit nagenoeg 800 diere bestaan. Die plaas is naby die Lesotho-grens en veediefstal is ’n groot probleem. Maar dit kry hulle nie onder nie.

Kyk Landbouweekliks, Dinsdag om 17:30 op @viatv