Die week op Landbouweekliks | Uitgebreide onderneming bekyk op Landbouweekliks

Die ALS-groep van Cas en Thys Joubert en vennote is ’n familie van boere-entrepreneurs wat weet hoe om ’n geleentheid raak te sien en dit in ’n suksesvolle sake-entiteit te omskep. Dit behels ’n boerdery, mieliemeule, verhuring van grondverskuiwingsmasjinerie, kontrakwerk, bouwerk, mynbou, lugbespuiting, menslikehulpbrondiens en eiendomsontwikkeling op Newcastle, Memel, Upington, Potchefstroom en Parys. Elke familielid wat by die onderneming betrokke is, is ’n spesialis op sy of haar gebied en bestuur die afdeling volhoubaar en suksesvol.

Dinsdag om 17:30 op @viatv