Die week op Landbouweekliks | Villiers Loubser staan nie langs kantlyn

Villiers Loubser is aan die spits van sake by Agri Wes-Kaap, en ook op Altona naby Philadelphia waar hy en sy broer Kosie ’n gemengde boerdery bedryf, met onder meer graangewasse, wingerd en vee. Hy volg in die voetspore van sy pa, Kosie, en oupa, ook Villiers, wat albei as president van Agri Wes-Kaap gedien het. Hy meen Suid-Afrika se landbou is taai en veerkragtig en dat dit belangrik is om nie net langs die kantlyn te staan nie, maar self in te spring en te help onderhandel om dinge vir boere te verbeter. Hy en sy vrou, Corlu, het drie kinders.