Die week op Landbouweekliks | Voerkraal is hul beste bate

Estelle van Reenen is die bestuurshoof van Sparta Beef (een van die grootste voerkrale in Suid-Afrika) naby Marquard in die Vrystaat. Naspeurbaarheid speel ’n belangrike rol in die geïntegreerde besigheid. Sparta is so eg Suid-Afrikaans soos dit kom en dié maatskappy in familiebesit word nou deur die tweede geslag bestuur. Estelle se suster, Lynette, is die hoof van besigheidsontwikkeling en haar broer, Lou, is voorsitter van die direksie. Oorlede Dirk van Reenen het die boerdery in 1967 met sowat 30 stuks vee op die plaas Sparta begin.