‘Ek wil méér vir Suid-Afrika doen’

In hierdie week se episode Landbouweekliks kuier die span in Kiepersol in Mpumalanga by dr. Reuel Khoza. Dié nederige man is die eienaar van Koeltehof-verpakkers, die tweede grootste uitvoerder van avokado’s in Suid-Afrika. Reuel, wat op Bosbokrand grootgeword het, is ’n gerekende sakeleier en het voorheen gedien in die direksies van Nedbank, Liberty en Old Mutual. Hy is ook die tussentydse voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie. Maar in Kiepersol rol hy sy moue op as ’n avokado- en makadamiaboer. Sy beeste loop naby Machadodorp.