Familieboerdery word appelprodusent van wêreldgehalte

Josias Beukes is die vierde geslag op Dennegeur in die Elgin-vallei naby Grabouw in die Wes-Kaap. Onder sy leiding is dié familieboerdery omskep in ’n appelprodusent van wêreldgehalte wat uitvoervrugte lewer. Josias is een van die baanbrekers wat die Suid-Afrikaanse appelbedryf help opbou het ná deregulering in die 1990’s. Die Beukes-familie is ook betrokke by verskeie ondersteunings- en ontwikkelingsprojekte wat by die boerdery geïntegreer is. Daar is ook ’n kliniek en crèche op die plaas.