Gesin behaal vir dekades sukses met Merino-stoetery

Stephan Nel en sy seun, Stephan (jr.), boer met skape in die afgeleë bergagtige landskap naby Barkly-Oos in die Oos-Kaap. Hy bedryf ook die bekende Bergplaas-Merinostoetery, wat 81 jaar gelede deur sy oupa Frikkie Nel begin is. Stephan het ’n groot liefde vir Merino’s en spog met verskeie eerbewyse. Hy het al ’n kampioen-Merinoram én -ooi geteel, en bied elke jaar ’n suksesvolle produksieverkoping aan met van die hoogste verkoopsgemiddeldes in die Merinobedryf.