Hiér pluk almal die vrugte

Landbouweekliks kuier vandeesweek by die Le Roux-familie, eienaars van Bo-Radyn in die distrik Villiersdorp, een van die oudste plase in die Wes-Kaap. Die boerdery is toegespits op appels en pere van topgehalte. Die Le Rouxs sê verantwoordelikheid, respek, uitstekende gehalte en geduld is beginsels wat vir almal op die plaas belangrik is. “Ons lê klem op werkersdeelname in bestuur en dissipline. Almal moet fokus op innovasie, uitdagings en koste. Elke werker is ’n skakel in die ketting wat nodig is om ’n suksesvolle onderneming te wees.’’