Hoe natuurliker, hoe beter vir dié hoenderboerdery

Jeanne Groenewald, ‘n gedugte sakevrou, het Elgin Free Range Chickens in die Wes-Kaap or die afgelope 25 jaar opgebou van ‘n skamele 100 hoenders elke agt weke tot 130 000 hoenders per week. Die onderneming is ‘n huishoudelike naam onder verbruikers wat gesondheids- en omgewingsbewus is. Hoewel die idee van vrylopende hoenders destyds skaars bestaan het, was Jeanne vasbeslote om die hoenders op die natuurlikste manier moontlik groot te maak. Só behaal sy sukses.