Hoppies Uys maak nuwe planne in die droogte

Landbouweekliks kuier by Hoppies Uys, ’n boer van die Swellendam-omgewing met ’n passie vir bewaringslandbou. Hy is al jare lank betrokke by Bewaringslandbou Wes-Kaap, en dra sy kennis oor onder meer dekgewasse graag oor aan medeboere. Hoppies se pa, Pietie, behartig die boerdery se lêhenvertakking, terwyl Hoppies verantwoordelik is vir hul skape en saaiery. Die Wes-Kaapse droogte het sy tol geëis, maar Hoppies se planne neem dan net ’n ander vorm aan.