Jagonderneming verseker boerdery se volhoubaarheid

Mnr. George Potgieter van Dwaalboom in Limpopo, Wildbedryf SA se Wildboer van die Jaar vir 2018, is bekend om sy uitstekende bastergemsbokke. Hy sê egter dit is sy jagonderneming wat die volhoubaarheid van sy totale boerdery verseker het. George glo aan vennootskappe. By Schoongezicht Jagsafari’s by Thabazimbi word gejag, skaars wild kry ’n hupstoot in verskeie teelprogramme, en gewas¬se word onder besproeiing verbou in die hartjie van die Bosveld langs die Botswana-grens.