Kuier by SA se grootste piesangprodusent

Lourens Agri is ’n familieonderneming en een van Suid-Afrika se grootste piesangprodusente. Die broers Jan en Kobus bestuur vrugte- (onder meer bloubessies, suurlemoene en mango’s), groente- en wildvertakkings in Mpumalanga en die Wes-Kaap. Diversifikasie in verskillende klimaatstreke is deel van hul sukses. Jan is ook die voorsitter van die landbouprodukte-agenteraad (Apac) en Kobus was voorheen die voorsitter van die Piesang¬kwekersvereniging van Suid-Afrika.