‘Kyk altyd na die groter prentjie’

Mnr. Hannes Wolvaardt, Limpopo se Jongboer van die Jaar in 2018, het met deeglike marknavorsing en die optimale benutting van hulpbronne en reserwes ’n boerdery op die been gebring met mannemoed en goeie verhoudinge. Hannes het agt jaar gelede met ’n studentemotor, R200 000, 3 ha huurgrond, en geleende werktuie begin boer. Deesdae oes hy meer as 120 000 kartonhouers soetrissies per jaar en hy boer saam met sy een buurman met wild in ’n swartbemagtigingsvennootskap.