Landbouweekliks kuier by ‘Meneer Diversifikasie’

Jan-Hendrik Joubert, en sy pa, Fanie, graan- en veeboere van die Suid-Kaap, het wingerd vir die “snaaksigheid en liefde vir goeie wyn” by die Joubert-boerdery by Riversdal aangeplant. Hulle het agt jaar gelede die wingerdstokke en olyfbome aangeplant en maak nou pryswennerwyn en -olyfolie. Om die wingerd en olyfboord produktief te kry, was nie moeilik nie, maar wynbemarking verskil nogal van graan-, vleis- en wolbemarking. As “nuwe” wynboere moes hulle leer om meer op hul eie instink te vertrou.