Landbouweekliks kuier by wêreld se grootste renosterboer

Landbouweekliks kuier by Buffalo Dream Ranch naby Klerksdorp in Noordwes, die tuiste van die wêreld se grootste renosterboer, John Hume. Dié 76-jarige boer is ’n vasberade kampvegter en beskou dit as sy lewenstaak om renosters van uitwissing te red. Dit lyk egter na ’n onbegonne taak teen die tempo wat dié diere gestroop word.