Landbouweekliks: Nuwe reeks én nuwe aanbieders is hier!

DJ van der Linde was in 2016 die Vrystaat se Jongboer van die Jaar. Hy lê klem op presisieboerdery en grondregstelling om volhoubaarheid te verseker ondanks erge droogte (en jare met rekordoeste en lae graanpryse). DJ bedryf ’n mielie-en-beesboerdery op die plaas St. Helena by Vierfontein naby Bothaville. Hy sê: “Ek is die sesde geslag op die plaas. Boerdery is in my bloed. Ek boer al vandat ek op agtjarige ouderdom saam met my oorlede pa, Dawie, kon trekker bestuur, en heeltyds van 2008 af.”