Llewellyn Angus benut die voordele van wetenskap

Llewellyn Angus, ’n voormalige Suider- Afrikaanse Stoetteler van die Jaar, is opgewonde oor sy vee, veldbestuur en aangeplante weidings. Sy Simbra- en Simmentaler-stoeterye op Whispering Willows naby Arlington in die Oos-Vrystaat is ’n toonbeeld van ’n wetenskaplike benadering en doelgerigte seleksie. Llewellyn, wat al die Landbounavorsingsraad se eerbewys vir die Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar gewen het, glo ’n goeie beesboer is ook ’n goeie gras- en veldboer.