Mike Bosch se Boschveldhoenders op Landbouweekliks!

In vandeesweek se episode van Landbouweekliks kuier ons by mnr. Mike Bosch van Bela-Bela, wat in 1988 saam met sy pa begin boer het.

In dié tyd het Mike Afrikahoenders aangehou om bosluise van sy beeste af te pik. Toe hy besef hoe geslaag dit is
en hoe gehard dié hoenders is, het hy die Boschveldhoender geteel. Dié nuwe ras het só gewild geword dat hy ’n
grootskaalse boerdery begin het.