’n Man wat herlewingslandbou eet, slaap en boer

In dié episode van Landbouweekbliks word klem gelê op herlewingslandbou. Ons kuier by Hannes Otto, ’n stigterslid van die Ottosdal-geenbewerkingsklub. Hannes boer al 40 jaar op die familieplaas in Noordwes. Dit is ’n harde mieliewêreld met min reën en moeilike grond. Misoeste is daar ’n groter werklikheid as elders in die land. Hulle moet dus deurgaans planne beraam om te kan oorleef.