Onkonvensionele idees lei tot hoër opbrengste

MG Lötter saai sowat 1 400 ha koring en gars op die familieplaas Warmoeskraal tussen Caledon en Villiersdorp. Hy pas bewaringsbewerking toe en daag graag konvensionele graanproduksiepraktyke uit. MG beproef maniere om redelike graan- en veeopbrengste te behaal, sónder om reusebedrae aan produksiemiddele te bestee.