Ontmoet merkwaardige boer op eerste episode van nuwe reeks!

Anton Viljoen het in 2014 beheer oorgeneem by die voormalige AS Viljoen-boerdery (nou Villion Farms) by De Doorns in die Hexriviervallei. Dié tafeldruifboerdery strek oor 15 plase. Met doelgerigte vernuwing aan die kultivarfront, die benutting van geleenthede op belowende nuwe markte, ’n moderne bestuurstyl en ’n tegnologiegedrewe pakskuur bereik hy en sy vrou, Judi, nuwe hoogtes. Danksy ’n nuwe pakstelsel is die produktiwiteit sowat 30% beter in die nuwe, moderne pakaanleg op die plaas Werda.