Op Landbouweekliks vandag | Jong boer glo in dié boustene

By Lone Tree Farms naby Fouriesburg behartig Doug Osler (40) die appelvertakking. Dit is ’n riskante besigheid, maar Doug sien groot potensiaal vir uitbreidings in die provinsie. Harde werk, aandag aan detail en onwrikbare geloof is die boustene vir Doug se boerderysukses. Doug woeker al nagenoeg 17 jaar in die familieboerdery waarvan hy ’n 25%-aandeel besit. Dit is vir hom belangrik om deel te wees van die georganiseerde landbou sodat ’n boer op ’n sterker voet met die regering en internasionale belanghebbendes kan beding.