Pieter Prinsloo slaan munt uit die gaping in die vleismark

Die vraag na vleis van vrylopende diere wat op die veld afgerond is, bied talle moontlikhede vir ’n snelgroeiende plaaslike mark. Dr. Pieter Prinsloo van Queenstown in die Oos-Kaap, voorheen adjunkvoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, het die gaping gesien en die kans aangegryp om ’n premieprys te beding.