Retief-neefs behaal sukses deur ongekende entrepreneursgees

Die Retief-neefs bestuur die wynplaas Van Loveren by Robertson met ’n ongekende entrepreneursgees. Christina van Loveren sou haar moeilik die baanbrekersplanne en produkte van haar nasate kon indink toe sy in 1699 in Suid-Afrika aangeland het. Landbouweekliks het met Phillip Retief, uitvoerende hoof, gesels oor dié plaas se sukses.