Reyneke-wyne: ‘Werkers vorm ons hoeksteen”

Johan Reyneke van Reyneke-wyne buite Stellenbosch is ’n filosoof, branderplankryer en bekroonde biodinamiese wynboer. Hy het regte gestudeer, maar mettertyd begin boer en in 2000 oorgeslaan na organiese en biodinamiese wingerdpraktyke. Johan glo in ’n stelsel met verskeie plante en diere, al bly wingerd en wyn sy kernbesigheid. Ngunibeeste sorg byvoorbeeld vir goeie bemesting in die wingerd. Die Cornerstone-projek help werkers om hul eie huise te bekom en finansier naskoolse onderrig.