Ryk geskiedenis bring sukses na De Grendel

Sir De Villiers Graaff, die vierde geslag met dié titel, is die De Grendel-landgoed se besturende direkteur. Hy het, nes sy pa, landbou op Stellenbosch studeer. De Grendel, wat naby Kaapstad teen die Tygerberg geleë is, is al geslagte lank in die Graaff-familie se besit. Hoewel De Grendel bekend is om bekroonde gehalte-wyne, is skape, ’n melkbeesstoetery en bloubessies ook deel van die boerdery. Bemagtiging is belangrik vir De Villiers en gevolglik is die familie ook by maatskaplike projekte betrokke.