Suksesvolle jongboer fokus op vernuwing

Herman Janse van Rensburg is Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar vir 2019. Hy boer met mielies, sonneblom en vee op die plaas Port Arlington, waar hy grootgeword het. Hy het Arlington-staalwerke begin om werktuie vir die boerdery te vervaardig, maar deesdae word dit landwyd versprei. Herman is betrokke by die Agri Arlington-boerevereniging, en hy glo in vernuwing. “Daar moet deurgaans nuwe ouens, nuwe idees en nuwe denke wees sodat ons Suid-Afrika se voedselsekerheid kan oppas.”