UNIGRO gaan voort om eAccounts fooie op te skort

Gegewe die inperkingsverlenging tot en met 30 April 2020, sowel as die bekendstelling van Vlak 4 inperking vanaf 1 Mei 2020, verstaan ons dat ons boere steeds vir die afsienbare toekoms ernstige uitdagings in die gesig staar.  Daarom is dit vir ons aangenaam om aan te kondig dat UNIGRO en GroCapital Financial Services sal voortgaan om eAccounts fooie op te skort met ingang Mei 2020 en waarskynlik selfs langer.

Ons wil u weereens bedank vir u voortgesette ondersteuning en die bydrae wat u lewer in die voorsiening van voedsel vir ons land se etenstafels.

Ons vertrou dat die fooiopskorting sal help om finansiële laste ligter te maak in hierdie tyd en u finansiële adminstasieproses vergemaklik.

Wees veilig.

Ross Simmonds

Besturende Direkteur, UNIGRO Financial Services