Vanaand op Landbouweekliks | Dié boer bou dag ná dag vir nageslag

DF Fyfer van Bhetjane Cattle Co. op Vryburg pas hoëdrukbeweiding suksesvol met sy selfontwikkelde Adaptor-beesras toe. Dié voormalige verhandelaar met ondervinding in Switserland, boer ook volgens herlewingslandboubeginsels met sy braaihoenders en lêhenne, bye en aangeplante weiding. DF bou dag ná dag aan ’n landbou-onderneming wat ook sy kinders volhoubaar sal kan ondersteun as hulle volwasse is en hul eie gesinne het. Bhetjane is in 1987 deur DF se oorlede pa, Ben, begin. DF meen gesonde grond en gesonde vee is onlosmaaklik deel van mekaar.

Skakel in vanaand om 18:30 op @viatv